Dog Saved from Kimberley Diamond Mine

A dog fell down the very deep hole, and was swimming for its life for days before rescue teams could attempt to get to it.  She survived by finding a ledge to stand on, but always tried to swim to find another possible way out.  This was a very big rescue operation and on Saturday 23 November 2013 it took a few teams from various organisations to put together a plan to help her get out as soon as possible.


Kimberley. – Al is sy nog baie moeg, het Kaptein Seeley, die teefhond wat eergister uit die Groot Gat gered is, dieselfde aand nog twee bakke kos weggeslaan.

Dié teef van 25 kg was langer as ’n week in die gat vasgekeer nadat sy ’n val van 160 m (90 m teen ’n skuins helling af en nog 70 m loodreg tot in die water) oorleef het.

Die soektog na die regte eienaar vir haar is nou aan die gang. Daar is belangstelling oor die wêreld heen, maar haar redder, ao. John Seeley, meen sy moet in Kimberley bly.

Kaptein Seeley sterk by ’n plaaslike veearts, dr. Claudine Crawford, aan. Dié sê: “Daar was niks ernstig fout met haar nie, behalwe dat sy baie moeg en baie honger was. Haar bloedsuiker was laag en ek het haar daarom op ’n drup gesit. Geen bene was gebreek nie.”

 

Crawford het gesê die teef se tande toon sy is sowat twee jaar oud. Sy meen Kaptein Seeley is eintlik baie gesond.

Die hond se redding was dat sy in die Groot Gat kon water drink. Diere en mense kan langer sonder kos as water oorleef.

 

Die hond is vriendelik en kalm, maar steeds uitgeput. Sy kan nog nie lank staan nie.

Geen eienaar het nog na vore gekom nie en die hond sal waarskynlik na die DBV geneem word vir aanneming.

Kaptein Seeley se stert het behoorlik geswaai toe haar redder, wat ook ’n lewensredder en bobaasduiker is, haar gister besoek het. Seeley het haar kop lank gevryf.

Sy hart is seer, want hy wil Kaptein graag aanneem, maar het reeds ’n polisiehond, vier troetelhonde en vier katte.

Hy is steeds verstom die hond het ’n val van 70 m oor die steil kranse en ’n week sonder kos oorleef. “Sy het Saterdag steeds sterk geswem. Nadat sy aanvanklik aggressief teenoor my was, het sy besef ek gaan haar help. Sy het haarself toe heeltemal aan my oorgegee. Ek moes al die swemwerk doen en sy kon ook nie eintlik op droë grond loop nie.

“Die hond moet nou baie aandag en baie liefde kry,” het Seeley gesê.

 

“Ek wil glad nie hê die hond moet deur iemand aangeneem word vir publisiteitswaarde nie.

“Dit moet mense wees wat regtig vir die dier omgee en haar met liefde gaan oorlaai.”

 

     As Seeley die hond nie kan aanneem nie, sal hy die DBV graag wil bystaan wanneer ’n nuwe eienaar oorweeg word.

Aanbiedings is reeds van oor Suid-Afrika heen en van oorsee ontvang.

Source: Die Beeld

Video footage after the dog was saved.


 

Add new comment

Plain text

  • No HTML tags allowed.
  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Lines and paragraphs break automatically.
CAPTCHA
This question is for testing whether you are a human visitor and to prevent automated spam submissions.

You Might Also be Interested in:

When you get a new pet dog home, it is obvious that there are hundreds of questions going in your m
​Exciting news for the animals in and around the City of Cape Town!  Its about time that the owners
Claudia Armandi, president of Animals SOS Mozambique, is also the founder of this organisation in Be
On Sunday 6 March 2016, according to the Facebook page of Police Pics and Clips, the K9 Unit of Witr
Funny Dog Video, SPCA Advert, Dog goes shopping, Dog with Cash, Dog buys condoms, Animal Shelters in South Africa, Find an animal shelter,
The SPCA hopes that this subtle TV advert should help get their message across. A dog with cash in h
Vondi's Holistic Pet Food owner Paul Jacobson explains exactly why he believes they have one of the

   

 

Dog Saved from Kimberley Diamond Mine | Pet Health Care

Error

The website encountered an unexpected error. Please try again later.